Die Herberg van die Wit Madonnas

From ESAT
Jump to navigation Jump to search

Die Herberg van die Wit Madonnas is a play by George Weideman.


Die gebeure in Die herberg van die wit madonnas speel hul af in die binnehof van ’n eens welvarende hotel in ’n eens welvarende dorp. Alice, ’n fortuinverteller keer na haar geboortedorp terug om die man wat haar as sewentienjarige swanger gemaak het, B. J. die hoteleienaar, tot verantwoording te roep. Die dorp is nie meer wat dit vyf-en-twintig jaar gelede was nie en word letterlik simbool vir die agteruitgang en verval van die Suid-Afrikaanse platteland. Een van die min dinge wat die dorp se infrastruktuur in stand hou, is die lelievlei net buite die dorp, ’n toeriste-attraksie wat besoekers van dwars oor die wêreld lok. Die hotel kry sy naam van die natuurwonder. Saam met Alice het haar vier-en-twintigjarige dogter, Judith, gekom. Sy knoop ’n verhouding aan met B. J. se seun, Boesman, onbewus van die feit dat hulle halfbroer en –suster is. Die geskiedenis dreig om homself te herhaal in ’n tipe melodrama.

Sources

Van Coller, Hennie & Van Jaarsveld, Anthea, South African Theatre Journal, 2008.

Return to

Return to H

Return to South African Theatre Plays

Return to Main Page