M 29

From ESAT
Jump to navigation Jump to search

M 29 is a play by George Weideman. Full-length. Cast: mixed.

Performed in 1986 at Kampustoneel.

M 29 speel af in die tyd van Koning Arthur. Die towenaar Merlyn word gestraf vir ’n fout wat hy begaan. Vir sy straf word hy ontneem van sy towerkrag en telkemale opnuut die toekoms ingestuur om die magiese formule weer te vind. Hierin lê die verband met die universele in die teks, aldus Barrie Hough (1986) wat wys op talle werklikheidsverwysings wat so uit die verf kom waaronder die Suid-Afrikaanse politieke werklikheid, die tyd van Lodewyk die Sonkoning, Oliver Cromwell, die Russiese Rewolusie en Hitler voor die einde van die Tweede Wêreldoorlog. Dit is duidelik dat daar juis in tye van krisis gesoek word na die toorformule om te kyk of die wankelende ewewig nie daardeur herstel sou kon word nie. In M29 deurbreek hierdie Middeleeuse towenaarassistent opnuut die grense van tyd en plek, en beland in Smartie Town in die buitewyke van Windhoek tydens die destydse onrus.

Sources

Van Coller, Hennie & Van Jaarsveld, Anthea, South African Theatre Journal, 2008.

Return to

Return to M

Return to South African Theatre Plays

Return to Main Page