Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Dokumentasiesentrum

From ESAT
Jump to navigation Jump to search

Founded in 197* by P.J. Nienaber as a centre to collect, archive, exhibit and research materials on Afrikaans literary writing and drama .


The drama holdings contain, among many others, the vast collections of F.C.L. Bosman and Gerhard Beukes.

Hoewel deur die jare nog nooit so sterk uitgebou as die afdeling vir letterkunde nie, is NALN die enigste bestaande museum – d.w.s. museologiese bewaar- en navorsingsfasiliteit – vir die Afrikaanse toneel, van die vroegste pioniersera tot die huidige.

  • Enige instansie wat die nagelate materiaal besit van onder meer die volgende pioniers, moet sterk aanspraak maak om as die logiese bewaarplek van die Afrikaanse toneelgeskiedenis gereken te word: Plaat Stultjes en De Groot (enkele items), Wena Naudé, Die Hanekoms, André Huguenet, Paula Steyger, Anna Neethling-Pohl, Francesco (die Nar, maar ook destyds NTO-akteur; en die Pagel-sirkus-argief), Babs Laker, Hermien Dommisse en talle ander; ook materiaal van Cobus Rossouw en Sandra Kotzé, Marius Weyers, e.a.
  • Die nalatenskap van die toneelhistorikus prof. F.C.L. Bosman sluit nie slegs derduisende koerantknipsels omtrent die Afrikaanse teaterlewe oor die grootste deel van die 20ste eeu in nie, maar ook sonderlinge Africana wat terugstrek tot die 19de eeuse Rederykerskamer Aurora aan die Kaap.
  • Navorsers die afgelope dekade oor die Afrikaanse toneelgeskiedenis (Herman Binge se TV-dokumentêr Die tweede lewe, 1998; Danie Botha se boek Voetligte & Applous, 2005 en Albert Maritz en Neil Sandilands se TV-dokumentêr Impresario, 2009) het bevestig dat NALN die grootste, indien nie die enigste, institusionele bron van hierdie omvang is.
  • Nie net het Herman Binge destyds ±39 uur se unieke argiefopnames met kunstenaars aan NALN geskenk nie, maar ook Neil Sandilands het ten minste 200 gigabyte se digitale foto- en videomateriaal wat oor jare versamel is, aan NALN toegesê, terwyl dit bekend is dat Danie Botha sy skrywers- en toneelnalatenskap testamentêr aan NALN bemaak het.
  • Onlangs, tydens die dankdiens vir dr. Hermien Dommisse, is belowende samesprekings met verskeie persoonlikhede uit die toneel-, radio- en TV-wêreld gevoer omtrent die opname van hulle materiaal in NALN.






Sources

For more information

See the NALN Afrikaans website at http://www.fs.gov.za/Departments/SAC/MUSEUM/naln.html

Return to

Return to South African Theatre Venues, Companies, Societies, etc

Return to The ESAT Entries

Return to Main Page