Die Tafel

From ESAT
Jump to navigation Jump to search

Die Tafel ("The Table") is a text made up of six sketches by different playwrights.

BEING EDITED

Containing sketches about marriage by Chris Vorster, Hennie van Greunen, Henriëtta Gryffenberg, Jeanne Goosen, Leon Kruger, Malan Steyn, Marion Holm, Pedro Kruger, Saartjie Botha and Schalk van der Merwe.

Directed by Hennie van Greunen


(ses sketse oor die huwelik deur Saartjie Botha, Jeanne Goosen, Henrietta Gryffenberg, Leon Kruger, Malan Steyn en Chris Vorster)

Cupid is gatvol. Hy hunker terug na die dae toe hy ‘n klein pokkelengeltjie was, doek om die lende, pyl en boog in die hand, besig om vir sterflikes ‘n smaak van onsterflikheid te gee. Maar dinge verander.

Cupid oorweeg dit om sy naam te verander na Rambo, want die liefde is ‘n oorlogsone: dis net geweld, chocolate mousse, moord, oestersop, doodslag en dorings waar jy kyk.

As illustrasie vat Cupid die gehoor op reis na ses restaurante in ses dorpe in Suid Afrika waar ses paartjies besig is om ‘n huweliksherdenking te vier. Hulle het niks in gemeen nie, behalwe dat almal se name Rigard en Sonet is.

Marion Holm en Pedro Kruger in Die Tafel Marion Holm en Pedro Kruger in Die Tafel In die Silver Spur in Bellville onmoet ons die belistige jong getroudes, in ‘n Franse restaurant in die noordelike voorstede van Johannesburg, die siniese paartjie wat hulle 20ste herdenking voer/vier en tussen in is daar misverstande, brandende restaurante, spanwerk, ‘n geesteservaring en ‘n arme kelner wat stil deur dit alles moet ly. Rigard en Sonet word gespeel deur feesgunstelinge Pedro Kruger (Liriekeraai, Blougat, Lyf, Op die Vrou af, Oorlog) en Marion Holm (Die Casper Rasper Show, Sussie is nou suur, Jong Dames Dinamiet, Sussie rafel nou uit), en met die chemistry tussen dié twee gaan die vonke spat! Die rolverdeling word voltooi deur Schalk van der Merwe, ‘n opwindende jong akteur wat sy professionele buiging in Die Tafel maak.

Die 6 tonele is geskryf deur ons land se voorste toneel/komedieskrywers: Saartjie Botha, Jeanne Goosen, Henrietta Gryffenberg, Leon Kruger, Malan Steyn en Chris Vorster, en nog ‘n bekroonde skrywer, Hennie van Greunen, is verantwoordelik vir die konsep, samestelling en regie.

Die produksie het vir vol sale en staande ovasies gespeel by die Aardklopfees en nou kan jy dit van 1 – 4 Maart in Durbanville by Die Boer sien voordat die vertoning sy buiging maak by KKNK.

Die Tafel is ‘n produksie wat die gehoor gaan laat skreeu van die lag en laat bloos van die herkenning.

Met Pedro Kruger, Marion Holm, Schalk van der Merwe Konsep, samestelling en regie: Hennie van Greunen


https://www.roekeloos.co.za/tag/hennie-van-greunen/page/6/