Wim Vorster

From ESAT
Revision as of 12:23, 23 July 2013 by Miriamt (talk | contribs)
Jump to navigation Jump to search

Wim Vorster. Actor, stage manager, playwright. Graduated (B.Dram.) at the University of Pretoria Drama Department in 1975, having had lecturers such as Anna Neethling-Pohl, Hannes Horne, Neels Hansen, Fred Steyn, Carel Trichardt. Joins PACOFS in 1974, first as actor, later also as stage manager and company manager.


1974 : Aangestel by SUKOVS as akteur. Speel o.a. in The Jar (Pirandello/regie Jannie Gildenhuys,) Koningin en die Rebelle (Ugo Betti/regie William Egan,) Biblioteekprogram (regie Kristie Herbst,) Skoleprogram (regie Chris Fourie,) Deathwatch (Jean Genet/regie Johan Esterhuizen,) Die Goeie Mens van Setzuan (Bertolt Brecht/regie William Egan) Pacofskiets (regie Ernst Eloff)

Word in 1977 deur NARUK genooi om die verhoogbestuur van die toerproduksie (met speelvak in Durban) Edwardian Scrapbook onder leiding van Malcolm Woolffson te doen.

1978 - 1983 George. Doen drie produksies vir Die Rederykers en speel self daarin : Boerneef van Boplaas, =n eenmanvertoning Wimpelwerk en Skemerstories (kort rillers saam met drie dames)

1984 - 1988 : Vryskutwerk in Johannesburg. Hanteer in 1986 verhoog- en geselskapbestuur by SWARUK van Harold en Maude (regie Hannes Horne) met Anna Neethling-Pohl ter viering van haar tagtigtse verjaardag. Toer ook deur RSA en volg op met verhoogbestuur van Vettie! Vettie! ook vir SWARUK.

1989 - 1994 : Aangestel by SUKOVS as Bestuurder Toneel sowel as Literêre Adviseur. Vertaling en regie van Diensmeisies (Jean Genet,) regie van My Arme Marat ( Alexei Arbuzov). Doen verskeie ander vertalings van toneelstukke: Not Now Darling, It Runs In The Family & Chase Me, Comrade! (Ray Cooney) Oedipus (Hugo Claus) en verwerkings van prosa vir die verhoog, bv. Die Verste Grens (Maretha Maartens,) Maru (Bessie Head) Ontvang in 1993 spesiale Vita-prys vir verhoogverwerkings en vertalings. Ontvang in 1992 Piers Nicholson Toekenning vir bydrae tot ontwikkeling van Toneel in die Vrystaat.

Doen regie van Pendoring (Edms) Bpk (A.S. van Straten) met Paul Lückoff, Tess van Staden e.a. Skryf in opdrag van Jannie Gildenhuys =n Afrika weergawe van Medea vir drie spelers. Baseer dit op die weergawes van Euripides en veral Anouilh maar skep =n eie Afrika mitologie. Nomsa Xaba speel die naamrol met Isadora Verwey as haar verpleegster uit Europa en Pieter Brand as tweelingbroers Jason en Krion uit Griekeland


He has also acted in television and film roles.




Return to ESAT Personalities V

Return to South African Theatre Personalities

Return to Main Page