Port Elizabeth Afrikaanse Amateur Toneelvereniging

From ESAT
Revision as of 19:17, 31 January 2018 by Ivor (talk | contribs) (→‎TRANSLATE)
Jump to navigation Jump to search

("Port Elizabeth Afrikaans Amateur Theatrical Society") Acronym: PEAAT


TRANSLATE

Die Port Elizabethse Afrikaanse Amateurtoneelvereniging (PEAAT) is op 22 Maart 1951 in die pastorie van die NG kerk PE-Wes gestig.

Die eerste voorsitter was ds J J Fick, die besieling agter die aksie was sy vrou Collie. Die eerste ondervoorsitter was mnr Julius Burmeister, terwyl die eerste sekretaris-penningmeester prokureur Willem Delport was. Die oorspronklike wapen was deur diaken J Crous ontwerp.

Van die staanspoor af was die doel "om in diens van die Kerk en onderwys toneel te bied en sodoende geld in te bring vir broodnodige sake". Verder, " . . . om sodoende die gemeentes te help met fondsinsamelings en ook omdat dit moeilik vir die publiek was om die opvoerings by te woon weens beperkte vervoergeriewe".

Met die eerste aanbieding deur PEAAT, in Junie, 1951, dit was drie eenbedrywe, het Mev Collie Fick dis stad plat geloop en 100 pond by firmas, gemeentes en vriende ingesamel om te kan wegspring.

Die drie stukke, wat in die stadsaal opgevoer is, was H A Fagan se Die Swakere Vat, D F Malherbe se Krom Stompe en W A de Klerk se Hellersee. Van hierdie spelers was Willem and Kathleen Delport, ds B Leuvennink, Wessel Gericke, Collie en Koos Fick en Kitty Greef.

“Ek lees in een van die ou dokumente dat daar verwys is na ’n organisasie wat van krag tot krag gaan maar dat PEAAT letterlik van kerk tot kerk gegaan het,” het die huidige voorsitter, me. Emercia de Lange, gesê. Die eerste beskermvrou was Anna Neethling-Pohl en later is prof. Marius­ Swart as erepresident aangewys. Hy was in dié posisie vir 25 jaar. Swart is in Februarie 1999 deur mnr. Eben de Vos opgevolg wat tans erepresident is.

PROF. MARIUS SWART, wat ná 25 jaar uitgetree het as erepresident van Peaat, die Port Elizabethse Afrikaanse Amateur Toneelgeselskap, sê hy voel oor Peaat soos 'n ouma oor haar eerste kleinkind: ``Of die onderwerp onder bespreking nou Japan of skaap skeer is, sy sal altyd 'n verskoning kry om haar kleinkind se foto te wys.

In sy jong dae was hy aktief by die teater betrokke hy het selfs as student saam met die legendariese André Huguenet in Oedipus Rex opgetree en saam met Rudi Neitz gesing. Van hy sowat 30 jaar gelede in Port Elizabeth kom woon het, het sy werk as professor in geskiedenis aan die UPE en sy gesin hy is pa van vyf kinders hom te besig gehou om toneel te speel. Maar as erepresident van Peaat kon hy sy vinger op die pols hou van die toneellewe in die stad.

``Ek was hoofsaaklik adviseur, sê hy. Die advies het wyer gestrek as geldbesteding of die keuse van stukke. ``Toneelspelers, al is hulle amateurs, ly maar aan kunstenaarstemperament, sê hy. As buitestaander moes hy dikwels geskille help oplos wanneer toneelspelers kort voor die openingsaand skielik so kwaad vir mekaar was dat hulle weier om op te tree. Hy moes ook moed inpraat wanneer die gehore weggebly het.

Renamed ATKV-Peaat in 20**. , is presenting the comedy Ooievaart: Wie's Jou Pappa?

They use the Little Theatre, also referred to as the Pemads Little Theatre

SOURCE:

PEAAT Vyftig JAAR TONEEL 1951 - 2001 theatre programme.

Sources

For more information

Return to

Return to South African Theatre Venues, Companies, Societies, etc

Return to The ESAT Entries

Return to Main Page