Kosie House of Theatre

From ESAT
Jump to navigation Jump to search

IN AFRIKAANS - NEEDS TO BE EDITED AND TRANSLATED

‘n Produksie-huis wat spesialiseer in die ontwerp, produksie en vervaardiging van aanbiedinge en elemente vir die verhoog en vir televisie. Kosie House of Theatre is in 2006 gestig deur Kosie Smit wat oor die afgelope tien jaar veral naam gemaak het in die Suid-Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf as stel– en beligtingsontwerper. Sy werk is alom-bekend en hy het al plaaslik en in die buiteland saam met van die grootste name gewerk. Hy het egter gevoel dat die tyd aangebreek het om sy vlerke ‘n bietjie wyer te sprei. Die eerste projek was die vervaardiging van Lizz Meiring se eerste DVD getiteld, Elke ander duim ‘n dame, wat verlede jaar deur Kosie House of Theatre verfilm en vervaardig is. Dit is die eerste in ‘n reeks van oorspronklike afrikaanse teater-produksies wat oor die volgende paar jaar vir DVD verfilm sal word. In 2008 is twee verhoogproduksies deur Kosie House of Theatre vervaardig. Shirley Valentyn (in samewerking met Wordsmith Theatre Factory) was van 13-17 Mei 2008 by die UJ Teater in Johannesburg op die planke gewees. Shaleen Surtie-Richards was in die hoofrol. Sing is van 5-20 Julie 2008 (in samewerking met die Pro Musica Teater) in Roodepoort aangebied met Tobie Cronje, Lizz Meiring en Terence Bridgett in die hoofrolle. In 2009 het die eerste van ‘n reeks DVD’s die lig gesien van Amanda Strydom se een vrou vertonings, “State of the Heart”, vervaardig deur Kosie House of Theatre. Behalwe vir Kosie House of Theatre se eie projekte, staan Jaco en sy span medewerkers steeds reg om ‘n verskeidenheid van kliënte op ‘n daaglikse basis te bedien met uitstekende diens. Kontak ons gerus vir enige behoeftes ten opsigte van stelontwerp en –bou, beligting, klank en ander produksie-dienste!

Sources

For more information

http://www.kosie.biz/

Return to

Return to South African Theatre Venues, Companies, Societies, etc

Return to The ESAT Entries

Return to Main Page