Eksperimentele Teater Stellenbosch

From ESAT
Jump to navigation Jump to search

The Eksperimentele Teater Stellenbosch (The Exeprimental Theatre Stellenbosch) was a company founded in Stellenbosch by the drama lecturer Ben de Haeck and the actor (then a philosophy student) André Roothman in 1971, and housed in the Klein Libertasteater. Klein Libertas Teater Little Libertas Theatre


Sources

"Dr. Ben de Haeck huldeblyk", e-mail from André Roothman, Thu 2017/03/23 10:53 AM


NOTES

Letter from André Roothman:

Hier is daardie anekdotes uit die sewentiger-jare onder die kulturele linksgesindes van Stellnbosch studente en een dosent. Nadat ek deur n paar ander innoverende denkers (Robin Hawkins en William Currie) genooi is om in hulle klug Die Lucky Dip aan die koshuisdrama kompetisie deel te neem, waar ons beste oorspronklikee stuk gewen het, is die geselskap en ander staats-filosofiestudente genooi om by 'n nuwe geselskap, 'Eksperimentele Teater Stellenbosch', aan te sluit.

Dr. Ben het my gevra om dit saam met hom te stig. Ons hoofkwartier was die Klein Libertasteater, wat primitief maar privaat was. Die eerste produksie was Oedipus. Ons het begin met 'n oefenproduksie van sy eie teks, Kontiki, wat 'n ge-improviseerde teaterstyl benut het. In dieselfde styl was Thyestes, die Argos drama, en Die Blacks, gebaseer op Jean Genet se drama, wat Dok later verwerk het in Die Spel van Wit en Swart. Kort daarna het ons die beginsels toegepas in verdere rituele teater met 'Raka', wat deur die polisie van Stellenbosch gekortwiek is met die hulp van N.P. van Wyk Louw se weduwee (nie heeltemaal seker van die feite hier nie), maar ons Koki was n jong kleurlingseun uit Cloetesville, en Raka is deur Dirk Winterbach vertolk. Later was 'n verwerking van Samuel Beckett se Embers (hoorspel) en Krapp's Last Tape, met my in die eerste en Dirk in laasgenoemde. Die laaste van hierdie geselskap se siklus was Ubu Roi, ook met Dirk in die titelrol, wat seker sy mees gevorderde werk was voor die nuwe siklus met Die Breughel, waarin 'Die Gangsters' die mees bekroonde was.