Die Vrou Vantevore
Jump to navigation
Jump to search
Die Vrou Vantevore. ’n Absa KKNK-produksie aangebied deur TEATERteater. Ondersteun deur Theatre Without Borders en Protea Hotel Stellenbosch. Deur Roland Schimmelpfennig. Met Brümilda van Rensburg, Stian Bam, Erica Wessels, Wilhelm van der Walt en Greta Pietersen.
Regie, ontwerp en vertaling: Marthinus Basson
ʼn Klop. Die deur word oopgemaak. Die man herken nie die vrou by die deur nie. Sy kom hom herinner aan ’n belofte wat hy 24 jaar tevore gemaak het: om haar ewig lief te hê. Wat volg, is ’n vurige verhaal vol humor en kinkels wat mettertyd uitkring tot ’n volbloed tragedie.