Marius Swart

From ESAT
Revision as of 05:41, 28 October 2025 by Temple (talk | contribs) (Created page with "Marius Swart was a professor of history and an avid amateur actor and singer. Marius Swart: In sy jong dae was hy aktief by die teater betrokke hy het selfs as stude...")
(diff) ← Older revision | Latest revision (diff) | Newer revision → (diff)
Jump to navigation Jump to search

Marius Swart was a professor of history and an avid amateur actor and singer.

Marius Swart: In sy jong dae was hy aktief by die teater betrokke hy het selfs as student saam met die legendariese André Huguenet in Oedipus Rex opgetree en saam met Rudi Neitz gesing. Van hy sowat 30 jaar gelede in Port Elizabeth kom woon het, het sy werk as professor in geskiedenis aan die UPE en sy gesin hy is pa van vyf kinders hom te besig gehou om toneel te speel. Maar as erepresident van PEAAT kon hy sy vinger op die pols hou van die toneellewe in die stad.

``Ek was hoofsaaklik adviseur, sê hy. Die advies het wyer gestrek as geldbesteding of die keuse van stukke. ``Toneelspelers, al is hulle amateurs, ly maar aan kunstenaarstemperament, sê hy. As buitestaander moes hy dikwels geskille help oplos wanneer toneelspelers kort voor die openingsaand skielik so kwaad vir mekaar was dat hulle weier om op te tree. Hy moes ook moed inpraat wanneer die gehore weggebly het.